OpenBCM V1.07b12 (Linux)

Packet Radio Mailbox

DB0FHN

[JN59NK Nuernberg]

 Login: GUEST





  
ZS6PVW > TPK      24.09.99 11:13l 370 Lines 16460 Bytes #-9492 (0) @ WW
BID : 6134_ZS6PVW
Read: GUEST
Subj: TPK GEBRUIKS INSTRUKSIES/HULP
Path: DB0AAB<DB0ZKA<DB0ABH<DB0SRS<DB0MW<DB0ERF<DB0SAW<DB0MAR<DB0HRO<OZ4BOX<
      OZ3BOS<OZ3PAC<OZ6BBS<W2XO<EA5RQ<EA5VDR<EA3ARR<EA3B<ED3ZAA<EA3AXS<
      EA2C<EA2URE<KP4IG<LU1FES<NX5V<ZS5GJK<ZS5GJK<ZS6RO<ZS0DLD
Sent: 990916/1942Z @:ZS0DLD.PTA.GAU.ZAF.AF #:25971 [Pretoria] $:6134_ZS6PVW
From: ZS6PVW@ZS0DLD.PTA.GAU.ZAF.AF
To  : TPK@ZAF

ZS6PVW/TPK 1.83c Msg N§:6134  Date:16-09-99  Time:21:34 SAST (-2 for UTC)

Hallo alle TPK'ers.

Ek stuur hierdie bulletin uit tot hulp van nuwe TPK gebruikers, alhoewel
ervare gebruikers dit ook kan bekyk....

........................................................................


INSTALLASIE PROSEDURE VIR TPK

Ek  neem  aan  dat u reeds TPK met al sy lˆers in u TPK gids of "directory"
gelaai het...

1. By  die  Dos  Por  teken,  oftewel "Dos Prompt", tik in "CD TPK" en dan
   "TPKINST GB" + Enter. Die installering skerm sal nou verskyn.
2. Kies  die  pad  en hardeskyf waar TPK moet funksioneer, bv C:\TPK\ of
   D:\TPK\.
3. By "Uploads (Remote access)" moet dit C:\TPK\USER\ wees.
4. "Uploads (Sysop)" moet C:\TPK\PRIV-UP\ wees.
5. "Downloads" moet C:\TPK\RECEIVE\ wees.
6. "Online" help moet C:\TPK\HLP\ wees.
7. "Capture <ALT-S>" moet C:\TPK\CAPTURE wees.
8. "Buffer writing <ALT-W>" moet C:\TPK\BUFFER.
9. "BBSs lists" moet C:\TPK\LISTS\ wees.
10. "Log file" moet C:\TPK\ roepsein-LOG\ bv. PVW-LOG wees.
11. "Documents' moet C:\TPK\DOC\ wees.
12. Kies die taal: Afrikaans, Engels of Frans.
13. Kies die Serie poort van toepassing.
14. By "Hardware flow" word as 'n re‰l "CTS" gekies.
15. Die "INT14" drywer word gekies vir werking met die Baycom modem, 
    "G8BPQ" vir die BPQ skakeling sagteware en "TPK" vir die gebruik van 
    'n TNC of TNC2.
16. 25 Lyne vir video werk die beste. Wanneer 50 lyne gekies word, is die
    skrif in die skerm baie klein.
17. Kies u monitor tipe. Vir 'n Monochroom monitor kan jy gerus ook "Grey
    Levels" probeer.
18. 'n Muis is nie eintlik nie 'n aanwins in TPK nie...
19. Kies die nommer van jou volgende persoonlike boodskap.
20. By "Validation", kies "Y" vir JA en Enter.

U  het  darem  al  'n  ent  gevorder. Nou moet TPK gekonfigureer word met u
roepsein en BBS...

Dit moet in die volgende lˆers gedoen word:

1.  ACK.TXT ("TPK 7-plus Server").

Hierdie  lˆer  is  'n  deel  van die "7-plus Server" wat addisioneel in TPK
gelaai   word  om  sekere  take  te  verrig.  Dit  word  verkry  vanaf  'n
saamgepersde  lˆer  genaamd  "TPK-7R2.ZIP",  wat vir TPK beskikbaar is. Die
"7-plus Server" help met die kodering en dekodering van 7-plus lˆers en die
verskuiwing  daarvan  na die "DECODED" sub-gids. Dit stuur outomaties aan u
'n  persoonlike boodskap as dit 7-plus lˆers afgelaai, suksesvol gedekodeer
en  na  die  "DECODED"  sub-gids  oorgeplaas het. Dit stuur ook 'n ontvangs
erkenning aan die sender van die boodskap indien dit as 'n "P" boodskap aan
u gerig was. Die "7-plus Server" stuur ook 'n ontvangs erkenning uit aan 'n
persoon  as hy onderaan sy "P" boodskap aan u 'n "/ACK" gevoeg het. Hierdie
"7-plus  Server"  hanteer ook "/REQDIR" en "REQFIL" boodskappe gerig aan u,
indien  daar programme in u "USER" sub-gids is wat persone kan aflaai vanaf
u sisteem.

2.  BEACON (Addisioneel)

Hierin  word  u roepsein en teks gelaai wat deur u bakensein uitgesaai moet
word indien dit aangeskakel is in die "CONFIG.TPK" lˆer.

3.  CONFIG.TPK

Die  "CONFIG.TPK"  is  redelik  krities,  aangesien  dit die eerste lˆer is
waarna  TPK  kyk as dit aan die gang gesit word. Daar is verskeie variasies
van  hierdie  lˆer,  want party mense hou van "Bells and Whistles" en ander
nie.  Hierin  word u roepsein, frekwensie, en TUIS BBS gekonfigureer, asook
ander  keuses  en opdragte volgens u smaak, byvoorbeeld klokkies aan of af,
"screensaver"  aan  of  af,  TNC  aktivering,  keuse  om  sekere  bulletins
outomaties  af  te laai of te verwerp, die grootte van u BBS poslys, "speed
keys"  om  die  logboek  en baken aan of af te skakel, en, indien nodig die
"TXdelay" as u radio stadig skakel. Die "default Txdelay" in TPK is 25.

Onderaan die lˆer word  'n  lyntjie  bygesit  om die outomatiese aflaai van
bulletins  te  vergemaklik.  Dit  laai  direk die BBS poslys sodra u in TPK
ingaan.  Druk  dan  net  "Escape"  sodat TPK verder kan gaan. In weergawe
1.82 was dit nie nodig nie, maar in 1.83 wel. Om een of ander rede wil 1.83
nie  die  gekose boodskappe outomaties merk en aflaai alvorens u nie in die
BBS poslys was nie.
Die lyntjie is as volg:
BR ZS0DLD L

4.  HELP

Dit is 'n informasie lˆer met afstands bevele as iemand aan u sou koppel en
die  bevel  "/HELP"  stuur.  In  die  Franse weergawe sal die lˆer  se naam
"AIDE"  wees  en met die "/AIDE" bevel aangevra moet word. Die weergawe van
TPK  wat  ek  gebruik  en versprei, is egter deur Joe ZS6ANW verander na 'n
Engelse  weergawe  sodat dit op Engelse bevele reageer en nie op Frans nie.
Ons is mos nie in Frankryk nie !!!

5.  KILLMSG

Dit  kan gekonfigureer word in die "CONFIG.TPK"  sodat dit outomaties op 'n
sekere  tyd  aan die BBS koppel en geleesde boodskappe uitwis, of andersins
kan  dit  met  die  hand uitgevoer word terwyl u in TPK in die hoofskerm is
deur  in  te  tik: "EX KILLMSG" + Enter, of deur die sleutels SHIFT + F8 te
druk.

6.  LIST

Dit  word  gebruik om vir uself 'n BBS poslys op te maak indien die BBS nie
met  jou  sisteem  sinkroniseer om vir u "headers" te stuur nie. Die "LIST"
funksie  maak  gebruik  van  die  "MAKELIST.TEM" lˆer om vir u 'n poslys te
genereer. Dit word gedoen terwyl u in TPK se hoofskerm is deur in te tik:
"EX  LIST" + Enter. Dit koppel dan aan die BBS, vra 'n lys van die pos aan,
ontkoppel en genereer dan vir u 'n poslys.
Dit  is egter baie moeite om dit te doen. Vra eerder vir die Sysop om vir u
"U  status" op die BBS te gee, dan dateer TPK en die BBS outomaties jou pos
op dmv sinkronisasie.

7.  MAKELIST.TEM

Hierin  word  net  jou BBS gespesifiseer. Soos bo genoem, word dit saam met
die "LIST" lˆer gebruik. Dit is egter nie nodig om hiermee te sukkel as die
BBS vir jou "headers" stuur as jy wel "U" status op die BBS het nie.

8.  TPK.DIR

Hierin  word van u makro bevele gestoor. U roepsein, BBS, en "Grid Locator"
moet ook hierin verander word.

9.  TPK-7.CFG (TPK 7-plus Server)

Hierdie  is  die konfigurasie lˆer vir die "7-Plus Server". Indien u TPK in
'n  ander  gids as C:\TPK\, bv. D:\TPK\ gelaai het, moet u hierdie lˆer ook
daarvolgens  aanpas,  asook  die  lyntjie BR RXMSG SE C:\TPK\TPK-7.EXE in u
"CONFIG.TPK" lˆer.

10.    Gaan nou terug na die Dos Prompt. Tik CD TPK + Enter. Tik dan in "MD
Roepsein-Log", bv. "MD ZS6PVW-LOG" + Enter om vir u 'n sub-gids in TPK oop 
te maak. Dit is nodig vir u logboek in TPK.

Nou is u reg om TPK te laat werk. U Dos Prompt moet wys:
C:\tpk>

Tik nou in "TB1" + Enter indien u Com 1 gebruik of "TB2" + Enter vir Com 2.

TPK  behoort nou sonder enige probleme aan die gang te kom. TPK sal wel vir
jou  sˆ  dat hy nie die spesifieke poslys kan oopmaak nie, want daar is mos
nog  nie 'n poslys nie.!!  Druk maar net "Escape" en TPK sal voortgaan. Dit
behoort  die TNC of modem en radio te aktiveer en uit te saai. Daar behoort
'n  lyntjie  met  'n vraagteken of twee en nommers links bo in die skerm te
verskyn. Dit is deel van die sinkroniserings proses met die BBS.

HOE STUUR EN ONTVANG U BOODSKAPPE ?

Vanuit TPK se hoofskerm, druk ALT + L en kies "MSG-PRIV" of druk CTRL + F1
om  in  u  persoonlike boodskaplys in te gaan. In hierdie skerm kan u enige
pos  wat  aan u as "P" boodskap gerig is, lees. U kan ook van hierdie skerm
gebruik  maak  om enige boodskappe,  hetsy  'n persoonlike boodskap aan 'n
persoon  of  'n bulletin tik en dan as 'n geheel versend na die BBS. Dit is
nie met TPK nodig om aan die BBS te koppel, die "SP Roepsein"  bevel te gee
en  dan  lyntjie  vir  lyntjie tik terwyl u gekoppel is nie. Dit maak dinge
baie  eenvoudiger  en  dit  neem  minder  lugtyd in beslag, en dit verseker
natuurlik  u  privaatheid,  anders  lees die mense saam met u soos u sit en
tik. Dit word op die volgende manier gedoen:

STUUR VAN PRIVAAT BOODSKAPPE OF BULLETINS

1. Druk CTRL + F1 (of ALT + L)
2. Druk "M"
3. Kies die BBS en Enter
4. By  "TO"  tik  u  die  roepsein  en  adres  van  die  persoon  in,  bv:
ZS6PVW@ZS0DLD.PTA.GAU.ZAF.AF" + Enter
TPK  het  'n  unieke  geheue  lˆer  genaamd  "HROUTE.TPK".  Hierin word die
volledige  adres  soos  bo  gestoor.  Indien  u nou weer in die toekoms vir
ZS6PVW 'n boodskap wil stuur, tik net by "TO:"  ZS6PVW in (+ Enter), TPK sal
die res van die adres self byvoeg.
5. Kies by "TYPE",  "P" vir persoonlike of "B" vir bulletin + Enter.
6. Tik by "Subject:" die titel van u boodskap in + Enter.
7. Tik u boodskap. Wanneer voltooi, sorg dat die "cursor" aan die onderkant
van u boodskap is.
8.  Druk  F2  om  u  boodskap  te  "save".  TPK  sal  nou  terugkeer na die
persoonlike  boodskap  skerm.  Die  nuwe  boodskap  sal  daar  wees  met 'n
sterretjie daarvoor, wat beteken dat die boodskap nog versend meot word. Om
die  boodskap  dadelik te versend, druk "I", of andersins "Escape", dan sal
TPK  die boodskap versend op sy tyd. TPK sal outomaties koppel aan die BBS,
die boodskap  versend en dan self ontkoppel. U kan dan weer in u privaatlys
ingaan  om  seker  te  maak  of die boodskap wel versend is. Indien daar 'n
klein  "f" voor die boodskap is, is dit nie uitgestuur nie en sal TPK later
weer probeer. 'n Groot "F" dui aan dat die boodskap wel versend is.

HOE LEES U PERSOONLIKE BOODSKAPPE ?

Druk CTRL + F1 (of ALT + L) om na u persoonlike lys te gaan.

Pos  gerig  as  "P"  aan u, sal ook in hierdie skerm verskyn met 'n pyltjie
daarvoor  as  dit  nog  nie  afgelaai is nie, en 'n "P" daarvoor as dit wel
afgelaai  is.  Om  so  'n  boodskap  te  lees,  gaan  met die cursor op die
boodskap,  druk  Enter  en  u  kan  dit  lees.  Om op enige boodskap, hetsy
persoonlik aan u in hierdie lys of as bulletin in die BBS te antwoord, gaan
met  die  cursor  op die boodskap en druk "R" vir "reply". TPK sal nou self
die boodskap  aan die  betrokke  persoon adresseer. Die persoon se boodskap
verskyn voor u in die skerm om daarop te antwoord.
Om lyne uit te vee wat u nie nodig het nie, gebruik "Delete" of CTRL + Y.
"Save" die boodskap dan ook met F2.
U kan ook "E" gebruik om 'n boodskap te "edit".

HOE LEES U BULELTINS ?

Maklik.  Die  BBS  het dalk reeds vir u 'n poslys opgedateer. Bulletins wat
gekonfigureer  is  vir  outomatiese merk en afhaal behoort alreeds afgelaai
te wees. Volg net die volgende stappe:

Druk ALT + L en kies dan die BBS lys, of die kortpad daarheen is CTRL + F2.
Boodskappe  wat  reeds afgelaai maar nie gelees is nie, sal 'n "R" voor dit
hˆ.  Boodskappe  wat  gemerk  maar nie afgelaai is nie, sal 'n diamant tipe
patroon  voor  dit hˆ. Om boodskappe te kies om te lees wat geen teken voor
dit het nie, gaan met die cursor op die boodskap en druk Enter. Die diamant
sal  dan  voor  dit  verskyn.  Wanneer  TPK  weer  koppel,  sal  hy daardie
boodskappe vir u gaan haal. Om in beide u "P" lys en die BBS lys boodskappe
uit  te  wis  wat  u reeds gelees het maar nie wil behou nie , gaan met die
cursor op die boodskap, of terwyl u in die boodskap is, druk net "K" om die
boodskap  uit  te wis. Die boodskap sal nou 'n "K" voor hˆ. As u dan TPK se
gebruik staak en weer begin, sal die uitgewisde boodskappe weg wees.

HOE STUUR U 'n TEKSLˆER ?

Tekslˆers  kan  met  gemak  uitgestuur  word, vanaf u A, B, C, of D dryf of
selfs  vanuit  TPK. As u bv. vir 'n ander gebruiker u "CONFIG.TPK" lˆer wil
stuur, gaan soos volg te werk:

1. Volg dieselfde prosedure soos vir die versend van 'n boodskap.
2. Instede van 'n boodskap in te tik, druk ALT + R.
3. Daar sal dan 'n venstertjie verskyn wat vra:
   [ Append message to filename ]
   >C:\TPK\LISTS\MSG_PRIV\
4.  Druk Escape. U sal nou in 'n volgende venster wees waar u die betrokke
pad en lˆer kan kies.
5.  Kies nou in TPK die lˆer CONFIG.TPK met die cursor en Enter daarop. Die
teks sal nou in u boodskap ingelees word.
6. Druk F2 om te save, "I" om te versend of Escape.

HOE WORD 7+ LˆERS GESTUUR ?

Binˆre  lˆers  word  in  7+  formaat  gestuur.  Die  binˆre  lˆer wat u wil
stuur, moet vooraf in die C:\TPK\PRIV-UP\ gids gelaai word.

1. Gaan met CTRL + F1 in u persoonlike boodskap lys.
2. Kies "M", asook die BBS en Enter.
3. Tik die nodige roepsein in en kies "P" of "B" en Enter.
4. Laat die titel uit en Enter. (TPK sal self die titel invoeg).
5. Druk ALT + 7. Daar sal nou 'n venstertjie verskyn wat vra:
   [ File to send in 7+ ]
   >C:\TPK\PRIV-UP\
6.  Druk Enter. Daar sal nou 'n volgende venster verskyn. Kies dan die lˆer
wat u wil versend en Enter daarop.
7. Nog 'n venster sal verskyn wat vra:
   [ Lenght of the 7+ message ]
   >3000
Die  "default"  is 3000. Dit kan meer gemaak geword, verkieslik nie meer as
5000 nie.
8.  Druk  dan weer Enter. Nog 'n venster verskyn (toemaar, daar lˆ nog baie
van hulle voor) wat vra:
    Execution of 7+ (Y)es / (N)o ?
9.  Kies  Yes  en  Enter. TPK sal nou die werk doen en terugkeer na die "P"
skerm. Die boodskappe sal nou daar sit, gereed om versend te word. Druk "I"
of Escape.

HOE WORD 7+ LˆERS ONTVANG ?

7+  Lˆers  aan  u  gerig sal ook in die "P" lys voorkom. Indien al die dele
ontvang  is,  sal  die  "7+ Server" dit dekodeer, oorplaas na die "DECODED"
gids,  aan die sender daarvan erkenning stuur en aan u 'n boodskap om te sˆ
dat dit suksesvol uitgevoer is.

7+  Lˆers in die BBS lys moet gemerk word vir aflaai vanaf die BBS. LET WEL
dat u al die dele van 'n spesifieke 7+ boodskap moet hˆ, anders kan dit nie
gedekodeer word nie. Dit sal dieselfde pad volg soos bo genoem, behalwe vir
die boodskap aan die afsender.

HOE WORD 'n BINˆRE LˆER OP DIE BBS GELAAI ?

Gestel  u wil DIGGER.COM, 'n speletjie op die BBS laai. DIGGER.COM moet ook
vooraf in die C:\TPK\PRIV-UP\ gids gelaai word.

1. Koppel aan die BBS en tik in "D" + Enter om na Dos te gaan.
2. Vra  'n  "DIR" aan vanaf die BBS. Daar is dalk baie gidse, maar nie een
vir "GAMES" nie. U moet self 'n gids skep.
3. Tik in MD GAMES en Enter. Die BBS sal 'n gids oopmaak.
4. Tik in CD GAMES en Enter. U behoort nou in die GAMES gids te wees. As u
nou die volgende bevele gaan uitvoer, sit gerus, want hier kom nou weer 'n
hele spul vensters wat nie eintlik vensters is nie !!
5. Druk ALT + E. Daar sal 'n venster verskyn wat vra:
   [ Filename to upload ?]
   >C:\TPK\PRIV-UP\
6. Druk nou Enter om na die volgende venster te gaan.
7. Kies "DIGGER.COM" en Enter.
8. Druk "C" om te "Confirm".
9. Daar verskyn 'n venster wat vra:
   [ Select the type of transfer ]
   Kies "Binary transfer YAPP/YAPPC" en Enter.
10. Nog 'n venster. Dit vra:
   [ Select the transfer protocol ]
   Kies "FBB BBS Binary transfer (YPUTT)" en Enter.
11. En nog een. Dit vra:
   [ Enter the filename as it will appear on the BBS ]
   Tik in "DIGGER.COM" en Enter.
12. Gelukkig die laaste een. Dit vra:
   [ File description (LABEL) ]
   Tik maar weer in "DIGGER.COM" en Enter.

Nou sal die oordrag venster bo in u skerm verskyn wat die oplaai na die BBS   
aandui.  As  TPK sy werk klaar gedoen het, sal die venster verdwyn en u sal
die  Dos Prompt vanaf die BBS kry. Tik dan in "B" om te ontkoppel vanaf die
BBS.

HOE WORD 'N BINˆRE LˆER AFGELAAI ?

Gestel  u  het  reeds gesien "HOTROD.EXE" is in die GAMES gids en u wil dit
aflaai.....

1. Koppel aan die BBS en tik in "D" en Enter om na Dos te gaan.
2. Tik in CD GAMES en Enter.
3. Druk nou ALT + R. Weer 'n venster wat vra:
   [ Assign a filename to the download ]
   >C:\
   Tik die volledige pad in. >C:\GAMES\HOTROD.EXE en Enter.
4. Nog 'n venster. Dit vra:
   [ Select download type ]
   Kies "FBB BBS Transfer (YGET)" en Enter.

Die  oordrag  venster  sal weer bo aan die skerm verskyn wat die aflaai sal
aandui. As dit klaar gedoen is en u die BBS Prompt kry, tik in "B" om te 
ontkoppel. Die afgelaaide lˆer sal in u TPK\RECEIVE\ gids wees.

VERDERE WENKE VIR HULP

1.  In  die hoofskerm van TPK kan u die F1 sleutel druk wat meer hulp aan u
sal vertoon.
2. Druk ook ALT + H vir baie meer hulp en verduidelikings van al die bevele
wat in TPK beskikbaar is.
3. Hou die pakket netwerk dop. Joe ZS6ANW gee redelik gereeld wenke uit ivm
TPK.

QED EDITOR

In  TPK  is  daar  'n editor genaamd "QED" wat vanuit die TPK hoofskerm met
SHIFT + F9 geaktiveeer kan word.

SPEED KEYS

1. CTRL + F1 om in u "P" poslys te gaan.
2. CTRL + F2 om in die BBS bulletin lys te gaan.
3. CTRL + F3 om sinkronisasie vanaf die BBS te vra.
4. CTRL + F4 om direk aan die BBS te koppel.
5. SHIFT + F8 om boodskappe te laat "KILL" op die BBS.
6. SHIFT + F9 om die editor te aktiveer.

Enige positiewe kritiek vir die verbetering van hierdie kortgids vir TPK is 
natuurlik meer as welkom.

Opgestel deur Pieter ZS6PVW op 28 Maart 1998.
Dank aan Magda ZS6MVW vir haar tikwerk.

16 September 1999




Read previous mail | Read next mail


 20.09.2025 06:57:34lGo back Go up